News

KYK: “Waar is wetstoepassing?” – Onwettige herwinningsprojek steeds langs rivier

Inwoners wonder hoekom die munisipaliteit steeds nie opgetree het teen die onwettige glasherwinningsbesigheid langs die Klein Olifantsrivier in Asaliastraat nie?

Die munisipaliteit het verlede week reeds toegegee dat die herwinningprojek onwettig is en dat die betrokkenes daar verwyder sal word.

Hulle is glo ook vantevore reeds uit ’n ander area rondom die Kees Taljaard Stadion verwyder, waarna hulle bloot geskuif het na die draai in Asaliastraat.

Die herwinnaars slaap selfs daar, wat ook onwettig is.

Inwoners wonder hoekom die munisipaliteit nog nie opgetree het teen die onwettige besigheid nie.

Daar is geen toiletgeriewe nie en DA raadslede Helda de Klerk en Johann Dyason sukkel al sedert Desember verlede jaar om die herwinningsprojek stopgesit te kry.

Die kamp waar die glas gemaal word, omdat kopers dit in poeiervorm soek, is boonop ver onder die vloedlyn.

Die herwinnaars het druk op raadslid De Klerk geplaas om die projek as deel van die munisipaliteit se “Adopt-a-Spot” gemeenskapsprojek goed te keur.

“Hulle doen dit vir wins en behoort toegang gebied te word tot industriële areas deur die munisipaliteit wat werkskepping betref,” sê raadslid De Klerk.

“Die boodskap wat die munisipaliteit hier stuur deur apaties te staan, stuur ’n gevaarlike boodskap dat sommige mense kan wegkom met onwettige aktiwiteite en ander nie,” sê sy.

Die hewinningsbesigheid is onder die vloedlyn geleë.
@middelburgobserver

DA raadslid Helda De Klerk besoek die onwettige glasherwinningsbesigheid langs die Klein Olifantsrivier. #Middelburg #KleinOlifants #Besoedeling #Pollution

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button