Yanks kraai koning by Rooies se Groot Raas
HTS Middelburg se Groot Raas het gisteraand dakke om die skool gelig, en die skouspel was andermaal hoendervleis-lekker gesinsvermaak.
Die skool se A-veld was weer volgepak met honderde ondersteuners wat met koelbokse en kampstoele reg geskuif het vir die pret.
Huis Laurie Smith het vanjaar met die louere weg gestap, met Buks Pretorius in die tweedeplek en Douw Smit derde.
Die tema was Wêreldlande, met Douw Smit wat Suid-Afrika se aartsvyand Nieu Seeland as bestemming gekies het.
By die Buksie-kamp het dirigente opgedaag met ’n taxi voordat die braaivleisvure aangesteek is, in erkenning van die Wêreldbeker kampioene – Suid Afrika. Selfs ou Dricus du Plessis het sy opwagting by die Buksies gemaak.
Soos dinge maar staan in Amerika vandag lyk dit ook of Donald Trump met die presidensiële louere gaan wegstap, nes sy Amerikaanse-span Laurie Smith.
@middelburgobserver HTS Middelburg Groot Raas: Laurie Smith stap met die louere weg met VSA as hulle tema. #Middelburg #htsmiddelburg #Rooies #GrootRaas #Geesvang
@middelburgobserver HTS Middelburg Groot Raas: Huis Buks Pretorius kom tweede met Suid-Afrika as hulle tema. #Middelburg #HTSM #Rooies #GrootRaas
@middelburgobserver HTS Middelburg Groot Raas: Huis Douw Smit kom derde met Nieu Seeland as hulle tema. #Middelburg #HTSM #Rooies #GrootRaas