News

Luukse trein tref man wat op spoor lê

’n Man het vanoggend in die vroeë oggendure gesterf nadat hy op die treinspoor getref is deur die luukse Rovos Rail trein tussen die Derwent Stasie en Middelburg.

Dié trein, wat vanaf Zimbabwe na Gauteng onderweg was, staan tans by die Middelburg Stasie.

Na wat verneem word, het die ongeluk kort voor beurtkrag (net voor 01:00) gebeur, sowat 300m vanaf die oorweg na Rustique, naby ’n plothek.

Dit blyk dat die persoon dwars op die treinspoor gelê het en nie reageer het toe die trein ’n waarskuwingsfluit gegee het nie.

Die trein se bosbreker voor het hom weggeslinger en hy het klaarblyklik weens die impak gesterf. Hy was reeds dood met die polisie en nooddienste se aankoms.

• Die oorledene is nog nie uitgeken nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button