News

Dogter ewenaar ma se rekord van 32 jaar

In 1992, blits Cornelda Pretorius (van der Westhuyzen) die 100m vir dogters o/14 in ’n tyd van 12.60 by Hoërskool Ben Viljoen se interhuisbyeenkoms. Die rekord het vir die afgelope 32 jaar op die rekordboeke gepryk.

Tydens Hoërskool Ben Viljoen se interhuisbyeenkoms vanjaar ewenaar Cornelda en Jaco van der Westhuyzen se dogter, Emma-Lee, die rekord van haar ma.

Dit is nie die enigste rekord wat Emma-Lee tydens die byeenkoms ewenaar of verbeter nie, sy verbeter ook M Furstenburg se o/14 dogters 200m rekord wat reeds vanaf 1980 af staan.

Emma-Lee van der Westhuyzen.

Die rekord wat vir die afgelope 44 jaar agter Furstenburg se naam geskryf was met ’n tyd van 26.90, staan nou onder die naam Emma-Lee van der Westhuyzen met ’n tyd van 26.50.

Tydens die byeenkoms is dit ook die oudste rekord wat verbeter is.

Hierdie klein spoedvraat, saam met haar boetie Jaco, en ouer sussie Ellené, is ’n familie om hierdie atletiek-seisoen dop te hou.

Ellené van der Westhuyzen.

•Jaco verbeter ook twee rekords opgestel deur sy oom, Hannes Pretorius (Cornelda se broer). 100m seuns o/16 met 11.06 vorige rekord deur Hannes met 11.20 in 1992 en 200m seuns o/16 met 23.00 – vorige rekord met 23.40 in 1992.

Jaco van der Westhuyzen.

•Pa Jaco het self aan Hoërskool Ben Viljoen matrikuleer en het later ’n Blou Bulle en Springbok held geword wat opslae gemaak het toe hy in die 2007 Super 14 eindstryd teen die Haaie in Durban met ’n “Jesus is King” T-hemp op die rugby regoppaal geklim het.

Jaco van der Westhuyzen en Hannes Pretorius.
Jaco van der Westhuyzen as Blou Bulle held. FOTO: Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button