News

Duikers haal trokdrywer uit rivier

Duikers het pas ’n trokdrywer gered wat vasgepen was in die kajuit van ’n trok wat van ’n brug afgery en in ’n rivier beland het.

Die ongeluk het tussen Wonderfontein en Carolina sowat vyf kilometer buite Carolina, plaasgevind.

Daar is aanvanklik vermoed dat die drywer dood is, maar die duikers het hom bevry uit die kajuit en is hy in ’n ambulans gelaai. Na wat verneem word sal hy na die Carolina Hospitaal geneem word.

• Van Wettens Insleepdienste van Middelburg is besig om die trok uit die rivier te sleep.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button