Minister Bheki Cele by honde-aanval borgaansoek
Die Minister van Polisie, Bheki Cele, is een van die politici wat na Groblersdal opgeruk het waar Piet Groenewald (63) en Stephan Greeff (27) verskyn op klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die Middelburg Observer joernalis in die hof, Janine Saayman, sê dis “absolute chaos”.
Verskeie politici is by die klein hofgebou ingedruk waar familielede en talle joernaliste van mediahuise die twee beskuldigdes se borgaansoek volg.
Groenewald (63) en sy stiefseun Greeff (27) is op 18 Januarie in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ’n hond op ’n werknemer losgelaat het. Daar word ook beweer dat Veneruru Kavari (30) met ’n bylhandvatsel aangerand en met ’n onbekende vloeistof ingespuit is.
Kavari (30), ’n werknemer van WIPS (Wildlife Investigation and Protection Services) was glo onder die invloed van drank, en gewapen met ’n panga.
Groenewald en Greeff het op 24 Januarie die eerste verskyn waar borg deur die staat teengestaan is.
Buite die hof sing en dans honderde ondersteuners van veral die ANC.
Die ondersoekbeampte in die saak, konstabel Grigory Maleasenya is tans besig om te getuig.
@middelburgobserver WIPS honde-aanval saak: Honderde ondersteuners betogg in Groblersdal se strate waar Piet Groenewald en Stephan Greeff verskyn vir borgaansoek. #Groblersdal #WIPS #Groblersdallanddroshof #Hof #borg