News

Landdros verwerp staat se Bittereinde borg uitstel versoek

Die staat se versoek tot uitstel in die borgaansoek van Francois van der Merwe, is nou net deur die landdros van die hand gewys, op grond van die belaglikheid van die staat se versoek vir uitstel sodat ander arrestasies uitgevoer kan word.

Die aanklaer het egter nie ’n idee wie gearresteer moet word nie, en sê die polislielede wat Van der Merwe gearresteer het, nie kan getuig nie omdat hy nie openbare orde polisiëringsagtergrond het nie.

Die staat sal nou soek vir ’n gepaste openbare orde polisielid om sy argumente te staaf, hetsy die lid met die arrestasie betrokke was of nie.

Dis duidelik dat die staat na strooihalms gryp om Van der Merwe minstens nog sewe dae agter tralies te hou.

Advokaat Wayne Gibbs het egter teen die staat se optrede gekap en gesê dat daar geen regsgronde is om Van der Merwe aan te hou, weens moontlike toekomstige arrestasies nie.
“Wat as die arrestasies eers in 2025 uitgevoer word?” het Gibbs tereg gevra.

Die borgaansoek gaan dus voort, maar indien verrigtinge nie teen 16:00 afgehandel is wanneer die hof verdaag nie, sal Van der Merwe weer in boeie die hof uitgelei word.

Back to top button