Ma benodig hulp om seun te veras
Clara van Niekerk (75) benodig hulp om haar seun, Reinhardt van Niekerk, te veras.
Reinhardt (45) het Maandag in die vroeë oggendure op die spoorlyn net buite Middelburg gesterf.
Me. Van Niekerk het aanvanklik gedink haar seun het selfmoord gepleeg deur op die treinspoor te gaan lê.
Nadat sy egter gesien het sy rugsak is weg uit met al sy persoonlike artikels daarin, soos sy Bybel en klere, glo sy nou hy is aangeval en op die spoorlyn neergesit sodat dit lyk asof hy selfmoord wou pleeg.
Die treindrywer het ook later gesê dat die persoon wat op die spoorlyn gelê het, nie beweeg het toe hy die treinfluit geblaas het nie.
Die trein se bosbreker voor het Reinhardt getref en hy is weggeslinger van die spoorlyn af , waar hy later dood verklaar is.
• Me. Van Niekerk se man, Nick, is ook ’n paar jaar gelede oorlede.
Die verassingskostes beloop R13 000 en daar word gevra vir ondersteuning.
• Persone wat bydraes wil maak, kan Leon van den Berg Prokureurs kontak by 013 243 1074. Hulle sal die rekeningbesonderhede gee.