News

Polisie gereed vir Bittereinder se borgverhoor

Ten spyte van ’n stil oggend is die polisie gereed en die paaie na die Groblersdal Landdroshof afgesper vir die borgverskyning van ’n Bittereinder lid, Francois van der Merwe.

Van der Merwe gaan ’n aansoek om borg bring na sy arrestasie in Groblersdal op 24 Januarie tydens die Bittereinders se protesaksie ter ondersteuning van honde-aanval beskuldigdes Piet Groenewald en Stephan Greeff.

Hy staan tereg op klagtes van aanranding.

Van der Merwe het op 25 Januarie die eerste keer verskyn, waarna die saak tot vandag uitgestel is.

Die pad na Groblersdal Landdroshof is afgesper.

Tydens sy arrestasie in Groblersdal is hy deur sewe polisielede en twee verkeersmanne grond toe gedwing, waar hy na bewering geskop en daar herhaaldelik op sy kop getrap is.

Daar word beweer dat hy bloot tussenbeide getree het toe polisie die bejaarde oud-burgemeester, Dries Olivier (76), rondgestamp het.

Hy is na sy arrestasie vir onder meer harsingskudding behandel by ’n staatshospitaal.

@middelburgobserver

Paaie na Groblersdal Landdroshof afgesper vir borgverskyning van Bittereinder, Francois van der Merwe. #Groblersdal #Court #Bittereinder

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button