News

Polisie lag glo toe bestuurder op mense buite hof afjaag

’n Swart Range Rover het vanoggend tussen ’n groep mense ingejaag, wat vreedsaam buite die Groblersdal Landdroshof gestaan het, ter ondersteuning van die Bittereinde beskuldigde, Francois van der Merwe.

Die bestuurder het daarna ’n afstand van die groep gestop en hulle gevloek.

Twee mans is liggies deur die voertuig getref terwyl polisielede bloot gestaan en kyk het toe daar op hulle afgepyl is, word beweer.

Mnr. Fanie Knoetze sê hulle is buite die hof om die Bittereinders se Francois van der Merwe te ondersteun.
Van der Merwe se borgaansoek na sy arrestasie voorverlede week buite dieselfde hof, is tans nog aan die gang.

Mnr. Knoetze sê dat die bestuurder op hulle afgepyl het, maar hulle gelukkig net rakelings getref het.

“Ek is teen die arm getref terwyl die man langs my se rugsak getref is, en hy amper sy balans verloor het.”
Die bestuurder van die voertuig het hulle aggressief gevloek.

“Die polisiemanne het gestaan en lag,” sê Knoetze.

Na die voorval is die polisiebestuur geskakel en ’n offisier het later opgedaag en aangedring dat Knoetze en die ander slagoffer ’n klag lê.

“Teen wie lê ons ’n klag, die polisie is hopeloos,” sê Knoetze.

Pogings om die Range Rover se registrasienommer af te neem, was onsuksesvol.
“Die foto wat ons wel het is te onduidelik,” verduidelik Knoetze.

@middelburgobserver

Voertuig jaag op mense af by hof – “polisie staan en lag” #Groblersdal #Bittereinders #Groblersdalcourt #borg #bail

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button