Verkeer tot stilstand toe reuse vrag verby kreun
’n Platbak trok met ’n reuse abnormale vrag het gistermiddag omstreeks 17:00 die aandag getrek in Meyerstraat en op die Stoffbergpad.

Werknemers van die Middelburg Observer het gedink daar is ’n ongeluk by die verkeerslig op die hoek van Beyers Naudé- en Meyerstraat toe hulle sirenes hoor.
Met nadere ondersoek het ons egter gevind dat dit die sirenes is van talle verkeersvoertuie wat die verkeer gestop het.
’n Abnormale vrag is aan die verkeerde kant van Meyerstraat (van Cowen Ntuli- af in Meyer) begelei teen slakkepas en het verkeer aan Meyerstraat se kant in die regterbaan vir ’n geruime tyd opgedam tot die vrag oor die kruising beweeg en weer in die linkerbaan kon inbeweeg.
• Die joernalis het ’n video geneem toe die trok voor die koerant in Meyerstraat verbygery het en ’n mens kon duidelik hoor hoe die kettings en vrag kraak met sy swaar vrag.
@middelburgobserver Traffic grinds to a halt as a truck carrying an abnormal load passes through town. #Middelburg #abnormal #abnormalload #machinery #largeshipments