’n Ma se laaste boodskap aan haar seun
’n Privaat roudiens sal Vrydag gehou word in herinnering aan Reinhardt van Niekerk (45), wat verlede week op die treinspoor buite Middelburg gesterf het.
“Reinhardt se wens word vervul deur net ’n klein diens te hou…” is die boodskap wat sy ma, Clara, uitgestuur het vir die naaste vriende en familie.
Die diens is Vrydag (9 Februarie) om 14:30 by Leon van den Berg Prokureurs in OR Tambostraat 30.
Clara het gesê dat sy self ’n paar woorde sal sê oor hoe sy hom mis, waarna haar vriendin, July Grunewalt, ’n gebed sal doen.
Sy het haar kort briefie gewys wat sy vir haar kind, wat sy ‘Reins’ noem daarin, gewys en sê sy onder andere dat “Reins waar jy nou is, is jy in veilige hande by jou Here, vir wie jy so lief was.”
• Clara wil graag elke persoon bedank wat haar in hierdie tyd ondersteun.
“Dankie vir elkeen se fantastiese omgee en vir die persone wat bydraes gelewer het vir die verassing. Ek waardeer dit ongelooflik.”