Talle wil praat oor depressie
’n Groot groep mense het opgedaag by die inligtingsessie oor depressie by die Hervormde Kerk, Noord gemeente.

Weens die geweldige toename van selfmoorde in Middelburg en ook depressie wat soos ’n ‘swart hond’ op mense toesak, het ds. Colin Hertzog besluit om die geleentheid aan te bied.
“Ek het gereed gemaak vir ’n handjievol mense, maar toe ek om die hoek kom, toe sien ek hoe baie mense daar is!”
Die plan was om dit in die kerk se jeuglokaal aan te bied, maar met meer as 40 mense wat opgedaag het vir die geleentheid, het hulle geskuif na die kerksaal toe.
“Dit was verblydend om te sien dat nie net gemeentelede opgedaag het nie, maar so baie mense uit ons gemeenskap.”
Hy het die week voor die inligtingsessie in sy preek gepraat oor depressie en ook uitgelig dat daar beslis hulp is.
Ds. Hertzog het aangedui dat daar weer ’n byeenkoms in die kerksaal sal wees volgende Dinsdag (13 Februarie) om 18:00.
“Die bedoeling gaan wees dat ons met mekaar sal praat en dat mense vir mekaar sal luister.”
Al het mense dalk die vorige inligtingsessie gemis, sal hulle beslis baat vind om Dinsdag se geleentheid by te woon.
Persone wat aan depressie ly, asook families wat ondersteuning benodig, word uitgenooi om saam te kom gesels.
• As jy die vorige berig of die diens gemis het oor depressie, besoek die volgende skakel: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/01/30/die-swart-hond-se-vernietigende-byt/