News
Jacques kon almal altyd laat lag
Jacques le Roux (40), die man met die fyn humorsin wat almal altyd kon laat lag, is gisteroggend (Maandag) in die Middelburg Hospitaal na ’n stryd teen kanker oorlede.
Sy gesin onthou hom as ’n persoon wat ongelooflike uithouvermoë gehad het en tot aan die einde teen die kanker baklei het.
Jacques was die broodwinner vir die gesin en sy vrou, Bianca, sukkel tans om fondse bymekaar te kry om ’n begrafnis vir hom te reël.
Die egpaar het twee jong kinders, Jacques jnr (9) en Suané (5).
• Persone wat bydraes wil lewer vir die begrafnis, kan Thea bel by 074 283 4608 of Frik by 071 476 8284.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.