News

Land se media sak toe op hof waar honde-aanval saak voorkom

Nie net verskeie politieke partye nie maar ook die land se media het op Groblersdal toegesak, waar Wips sekuriteits baas Piet Groenewald en sy seun Stephan Greeff aansoek doen om borg.

Die twee staan tereg op aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer nadat een van hule werkers deur ’n hond gebyt is. Die werker beweer ook dat hy oor die kop geslaan en met ’n onbekende vloeistof ingespuit is.

Die ANC het ’n skrywe na sy ondersteuners uitgestuur waarin hulle vra dat daar in solidariteit opgetree word teen wat hulle beweer “rassisme” op die dorp is.
Die party beplan ’n reuse optrog na die Groblersdal Landdroshof.

Paaie om die hofgebou is reeds afgesper en EFF-lede is in die strate opgemerk.

Die saak sal waarskynlik vroegoggend in die streekhof begin.

Paaie om die hofgebou is reeds afgesper.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button