Dorp tot stilstand toe besighede gedwing is om te sluit
Wildlife Investigation and Protection Services eienaar Piet Groenewald en sy stiefseun, Stephan Greeff, sal nog ’n naweek agter tralies deurbring.
Groenewald en Greeff se borgaansoek is tot Maandag uitgestel sodat die staat en verdediging die hof kan toespreek.
Staatsaanklaer Faith Raselomane, het gesê dat hulle borg teenstaan.
Advokaat Johan van Wyk verskyn vir Groenewald en Greeff.
Landdros Bogi Mashele het sal waarskynlik Maandag uitspraak lewer.
Groenewald en Greeff word beskuldig van die honde-aanval op Veneruru Kavari, ’n voormalige wag wat glo afgedank is omdat hy dronk was aan diens.
Hulle is verder beskuldig dat hulle Kavari met ’n bylsteel oor die kop geslaan het en hom met ’n onbekende vloeistof ingespuit het.
Groenewald en Greeff sê dat Kavari by hulle kantore op die plaas opgedaag het, en dat hy gewapen was met ’n panga en ’n piksteel, wat hy na Groenewald gegooi het.
Die piksteel het glo die hond getref, en hy het daarna losgebreek.
Daar is beweer dat Greeff, wat ’n opgeleide paramedikus is, Kavari ’n klem-in-die-kaak inspuiting gegee het nadat die hond hom gebyt het.
•Daar was gister groot ongelukkigheid op Groblersdal nadat mense geklee in ANC kleure rondgegaan en besighede gedwing het om te sluit. Vullis is ook oral in strate gegooi.