News

Munisipaliteit spring in om rioolkrisis reg te maak

’n Motoris se video van riool wat vir kilometers in Mandela-rylaan afloop, is gerapporteer en die munisipaliteit het blitsig reageer om dit reg te maak.

Mnr. André Nel het gistermiddag ’n video gemaak van die riool wat in die pad afloop en daar kan duidelik gesien word hoe ver dit al versprei het.

Die kwessie is onder rdl. Deon van der Merwe se aandag gebring, wat gesê het dat hy ook gister daarvan gehoor het en dit dadelik aan die toepaslike afdeling by die munisipaliteit gerapporteer het.

Dit blyk dat die oorsprong van die erge riool naby die Zuidstraat-kruising sy oorsprong het.

Hy en rdl. Hennie Niemann het gistermiddag laat weet dat die munisipaliteit besig is om die rioolblokkasie met ’n vakuumtrok reg te maak.

@middelburgobservernews

After a massive sewage spill pollutes more than a kilometre of Mandela Drive, leaving commuters disgusted, the municipality prioritised its repair. #Middelburg #STLM #ServiceDelivery #Sewage

♬ original sound – Middelburg Observer – Middelburg Observer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button