News

Stilte buite hof waar Bittereinder se borgaansoek hervat word

Dit is tans grafstil rondom die Groblersdal Landdroshof waar die Bittereinders se Francois van der Merwe binnekort sal verskyn vir sy borgaansoek om voortgesit te word.

Die landdroshof is die afgelope paar weke in chaos gedompel weens rassespanning, wat daartoe gelei het dat paaie rondom die hof afgesper is, en net familie van Van der Merwe in die hof toegelaat is.

Hy is tydens ’n vreedsame protesoptog gearresteer nadat boere en Bittereinderlede in Groblersdal saamgetrek het om Piet Groenewald en Stephan Greeff tydens hul afsonderlike borgaansoek te ondersteun.

Van der Merwe is deur minstens sewe polisiemanne en twee verkeersmanne platgedruk tydens sy arrestasie, nadat hy volgens sy eedsverklaring, bloot verby polisiebeamptes wou beur.
Sy elmboog het toe na bewering kontak met ’n vroulike polisiebeampte gemaak, waarna hy hardhandig vir aanranding gearresteer is.

Hy sou aanvanklik by ’n vulstasie vrygelaat word om gemoedere te kalmeer, maar die polisie het nie die belofte nagekom nie. Teenklagtes van aanranding is intussen teen die polisie gelê.

Van der Merwe het na sy arrestasie mediese behandeling vir onder meer harsingskudding ontvang.

Groenewald en Greeff het gister weer vlugtig in die hof verskyn waar hul borgaansoek uitgestel is tot Maandag.
Hulle is al meer as drie weke in aanhouding.

Die staat het al twee maal die klagtes teen hulle verander, en wou gister weer maar die versoek is van die hand gewys.

Van der Merwe is ook reeds twee weke lank agter tralies, ten spyte van die skedule een klag, van aanhitsing tot geweld, teen hom.

Vandag se stilte rondom die hof is wyd verwelkom na gister se chaos waartdens die EFF en ANC-lede weer in massas rondom die hof saamgedrom het.

Veskeie besighede moes noodgedwonge gesluit word weens die optogte.

Die strate vanoggend buite die Groblersdal Landdroshof.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button