News

Carolina Burgermonument deur FAK herbou

Die herbou van die monument in Carolina deur die FAK skep hoop vir erfenis in Suid-Afrika.

Na byna drie jaar kan die Carolina Burgermonument uiteindelik tot sy vorige glorie herstel word.

In 2021 is die kop van die Burgermonument in Carolina afgekap en die beeld gevandaliseer tydens die Zuma-optogte wat in hierdie tyd plaasgevind het. Sedertdien is die herbou van die monument ’n deurlopende projek en is die FAK trots dat die beeld uiteindelik weer herstel word.

Die afgebreekte stene gereed om herbou te word.

“Die Burgermonument word nie net herstel nie, maar ook verskuif na ’n area waar dit veilig bewaar kan word en waar dit nie weer so maklik ’n slagoffer van vandalisme sal wees nie,” sê Barry Müller, hoof van nasionale projekte by die FAK.

Die monument word verskuif na ’n nuwe tuiste na byna drie jaar.

https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7334613458488429830

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button