News

Gebede want daar is “’n geveg tussen Lig en duisternis”

’n Gebedsbyeenkoms word vandag en Donderdag gehou in Groblersdal.

Daar sal vandag (Maandag) en Donderdag tussen 09:00 tot 12:00 by die DLU-Saal in Groblersdal bymekaar gekom word.
Inwoners word uitgenooi om aan te sluit wanneer hulle die geleentheid het.

Die gebedsbyeenkoms word gehou tydens die voortslepende hofsake van beide Stephan Greef en Piet Groenewald, asook die arrestasies van Bittereinderlede.

•In ’n uitnodiging wat uitgestuur word op sosiale media word gesê “ons bid tydens die hofsake Maandag en Donderdag. Daar is ’n geveg tussen die duisternis en die Lig. Ons moet intree en die genade van God pleit.”

Back to top button