Pa-en-seun bly in aanhouding na marathon borgverhoor
Piet Groenewald en Stephan Greeff is borg geweier terwyl Devon Hofmeyr, Tewie Wessels en Willem Petzer se aansoek duer beurtkrag ontwrig is.
Piet Groenewald en Stephan Greeff wat al vier weke in aanhouding is weens voortslepende onderbrekings van hul borgaansoeke in die Groblersdal Landdroshof, is beide oomblike gelede borg geweier.
Hulle sal weer op 11 Maart in die hof verskyn.
Beide staan tereg op ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Die pa en seun sal hulle nou na ’n hoër hof moet wend, soos in die doodskis-twee se geval, waar borg eindelaaste wel goedgekeur is.
Intussen is uitspraak nog nie in die borgaansoeke van Tewie Wessels, Devon Hofmeyr en Willem Petzer gelewer nie, met beurtkrag wat weer verrigtinge ontwrig het.
Die trio het hulself vanoggend aan die polisie op Groblersdal oorgegee.
Hulle word aangekla van openbare geweld en inmenging in polisiepligte.
Francois van der Merwe, wat drie weke gelede tydens ’n betoging buite die hof ter ondersteuning van Groenewald en Greeff, se saak sal waarskynlik saam met die van Hofmeyr, Petzer en Wessels gevoeg word.
Van der Merwe se borgaansoek word Donderdag weer voortgesit.
Wessels, Hofmeyr en Petzer se saak is ook na Donderdag uitgestel.