News

Steve Hofmeyr se seun in hof op aanklag van openbare geweld

Devon Hofmeyr word saam met vier ander van openbare geweld aangekla.

’n Dokter het voorlopig ’n stokkie voor Dries Olivier (76) se arrestasie gesteek, met ’n mediese sertifikaat vir minstens die volgende twee weke wat ingehandig is by die Groblersdal Polisiestasie vanmore, waar Olivier saam met Willem Petzer, Tewie Wessels en Devon Hofmeyr moes aanmeld.

Die bejaarde inwoner, wat ook oud burgemeester van die dorp was, sal waarskynlik saam met Wessels, Petzer en Hofmeyr aangekla word van openbare geweld.

Hofmeyr was vroegoggend by die polisiestasie waarna Petzer en Wessels met gepakte tasse opgedaag het.
Hulle is tans in die hof vir ’n borgaansoek.

’n Doktersbrief is intussen bekom vir Olivier.

Tewie Wessels meld aan by die polisiestasie.

Hofmeyr en Francois van der Merwe, wat al bykans drie weke agter tralies is, is beide stigterslede van Bittereinders.

Wessels en Petzer is beide stoere Bittereinders simpatiseerders, en die kwartet bestaande uit Van der Merwe, Hofmeyr, Petzer en Wessels poseer gereeld saam vir foto’s, en elkeen het ’n geweldige groot sosialemedia gevolg.

As ondersteuners van die regse jeugbeweging dit reg het sit al die Bittereinder ringkoppe nou toegesluit in ’n sel.

Berugte diamantsmous Louis Liebenberg het die afgelope naweek verfoeilike opmerkings in sy eie verdediging gemaak deur te sê die Bittereinders steek hulself in die rug, met bewerings teen Hofmeyr wat na bewering ’n braai saam met Greeff se vrou bygewoon, en toe glo in dieselfde huis oornag het.

Hy het onder meer gesê “of jy nou ’n girl op ’n stretcher bykom of nie, dan verander dit nie die feit dat hy die hoof is van ’n organisasie nie…”.
Liebenberg verwys na Hofmeyr se tydelike skorsing uit die beweging weens die bewerings rakende Greeff se vrou.

Willem Petzer meld aan.

Hofmeyr, in ’n video oor die bohaai, het tereg daarop gewys dat al die fokus nou van Piet Groenewald en Stephan Greeff afgetrek word, weens Bittereinder binnegevegte. Die tweestuks word aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer na ’n hond een van Groenewald se Wips wagte gebyt het.

Hofmeyr, Petzer en Wessels se borgaansoek word tans aangehoor saam met Groenewald en Greeff wat in ’n ander hof verskyn.

Devon Hofmeyr is die seun van die bekende sanger, Steve Hofmeyr.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button