News

Is nommerplaat diefstal ’n nuwe rooftaktiek?

Terwyl inwoners die middedorp vermy waar handsakke gegryp, kardeure oopgepluk en karwagte met straatrowers saam werk, vrees hulle nou dat boosdoeners ’n nuwe truuk het.

Daar word op WhatsApp-veiligheidsgroepe gewaarsku dat boosdoeners nou nommerplate afruk om motoriste uit hulle voertuie te lok.

’n Pullenshope inwoner wat deur Middelburg se onderdorp gery het was die eerste teiken, nadat hy op WhatsApp vertel het van die gebeure.

’n Verdagte het sy motor se agterste nommerplaat afgeruk en hoog in die lug gehou sodat hy dit in sy truspieëltjie sien.
Hy het daarna, die nommerplaat in die middel van die pad geslinger.

Die motoris het gelukkig opgemerk dat die verdagte se makkers naby sy voertuig gestaan het, en waarskynlik gewag het dat hy uit sy kar moet klim om hom te beroof.

Hy het toe ’n verbyganger gevra om sy nommerplaat op te tel. Die man is geweldig deur die verdagtes gevloek toe hy die nommerplaat aan die eienaar teruggee.

Die inwoner van Pullenshope kon egter nie deur die Middelburg Observer bereik word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button