News

Werknemer van Odds & All al week weg

Hendrik Erasmus (28) het meer as ’n week gelede gesê hy voel siek en nooit weer by die werk opgedaag nie.

Die personeel van Odds & All in Jeppestraat is uiters bekommerd, aangesien al sy persoonlike besittings, buiten sy televisiestel, nog net so in sy blyplek is.

Me. Suzette du Plessis, wie se besigheid, Du Plessis Trailer Hires, op dieselfde perseel is as Odds & All, vertel dat Hendrik nog op 3 Februarie gaan werk het.
Daardie Maandag (5 Februarie) het hy ingebel en gesê dat hy siek voel en dokter toe gaan.

“Hy bly in ’n wendyhuis in Oribistraat en die eienaar van die huis het nog vir hom geld gegee om dokter toe te gaan. Hendrik het egter nooit by die dokter opgedaag nie en ook nooit weer teruggekom huis toe of werk toe nie. Al sy ander persoonlike goed, soos sy beursie, is nog daar.”

Me. Du Plessis sê hulle weet nie wat hulle te doen staan nie, want Hendrik het geen familie nie (albei sy ouers is oorlede). Hulle weet net dat hy ’n suster in Zambië het.

“Ons is baie bekommerd oor hom. As enigiemand weet waar Hendrik is, laat ons asseblief weet!”

• As enige persoon inligting het oor waar Hendrik hom bevind, bel me. Du Plessis by 060 672 7958.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button