Bulle speel dalk meer in die Bosveld
Die Blou Bulle in die Bosveld gaan dalk nie ’n eenmalige gebeurtenis wees nie.

’n Bulle vyftiental en Valke pak mekaar Vrydagaand (16 Februarie) in Modimolle op die veld van Hoërskool Nylstroom. Toegang is net R20 vir volwassenes en R10 vir kinders.
Die Blou Bulle Rugby-unie president, Willem Strauss, sê die provinsie het geweldige ondersteuning in Limpopo en die tipe wedstryd gaan dalk na ander dorpe uitgebrei word. Hy het spesifiek die name van Polokwane en Groblersdal genoem waar inwoners se bloed veral blou is.
Bulle ondersteuners is ook uitgenooi om in groot getalle op 2 Maart na Loftus op te ruk vir die kragmeting teen die ou aartsvyand, die Stormers.
@middelburgobserver President of Blue Bulls Rugby Willem Strauss welcomes Blue Bull fans to come and watch the match against the Valke, which will be played on the fields of Hoërskool Nylstroom this Friday. #Middelburg #Rugby #Bluebulls #WillemStrauss #hoërskoolnylstroom #Valke