Groblersdal hof min geskeel oor tyd, beurtkrag, in Groblersdal vier se borgaansoek
Daar is eers om 12:20 met die borgaansoeke van Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels en Willem Petzer begin, met beurtkrag wat om 13:00 afgeskop het.
Ondersteuners van die kwartet het dalk iets beet met bewerings dat die Groblersdal landdroshof aspris laat begin, kort voor berutkragfases inskop, sodat die verdagtes nog langer in aanhouding kan bly.
Die hof sal eers weer om 15:00 tot sitting kom, tot 16:00, wanneer daar verdaag sal word.
Hetsy beurtkrag of nie, sou die hof elkgeval van 13:00 tot 14:00 gebreek het vir middagete.
Die waarskynlikheid is dat die saak sal oorrol na ’n toekomstige datum, omdat daar skaars begin is met die ondervraging van die ondersoebeampte in die saak.
Hofmeyr, Petzer en Wessels se sake is ook vandag formeel by die van Van der Merwe gevoeg.
Al vier staan tereg op klagtes van openbare geweld.
Hulle is ook daarvan aangekla dat hulle gepoog het om polisielede met die uitvoer van hul pligte te verhoed.
Ondersteuners van die vier sê dat hulle polities vervolg word en dat hulle aspris agter tralies gehou word, soos Piet Groenewald en Stephan Greeff.
Van der Merwe is al vier weke in aanhouding vir die skedule een misdrywe wat teen hom beweer word.
Steve Hofmeyr, die pa van Devon, het ook intussen sy teleurstelling met die regsproses uitgespreek.
