Groblersdal vier se borgaansoeke more weer hopelik hervat
Die borgaansoeke van Francois van der Merwe, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels en Willem Petzer is weer in die Groblersdal landdroshof uitgestel.
Die borgaansoeke sal more weer voortgesit word. Van der Merwe is nou al meer as drie weke in aanhouding op ‘n skedule een oortreding.
Die vier is gearresteer vir openbare geweld, maar Petzer, Wessels en Hofmeyr is meer as veertien dae later, eers aangekla nadat hulle soos stout seuns by die polisiestasie moes aanmeld.

Ten spyte van hul gewilligheid, is die ondersoekbeampte van mening borg moet geweier word, omdat hy glo “hulle dit weer sal doen”.
Daar was egter geen openbare geweld gepleeg die dag van van der Merwe se arrestasie nie, met van der Merwe wat erken sy elmboog het per ongeluk met ‘n polisievrou kontak gemaak.

Hy is deur n groep van minstens sewe polisielede en twee verkeersmanne gearresteer.
