News

Haweloses se boshuis afgebrand

Munisipale geregsdienaars en kontrakteurs het die haweloses se boshuis in Mineralia afgebrand!

“Ek het ’n harde ontploffing gehoor en toe ek op my kameras kyk, was hulle besig om skoon te maak,” het me. Caroline Lottering pas gesê.

Inwoners naby die doodloopstraat waar Vos-, Plein- en Luttigstraat bymekaar kom, het gekla oor ’n man en vrou wat in die bos bly.
Daar is gesê dat hulle baklei en dat die man gister ook die vrou aangerand het in Luttigstraat.

Almal is dankbaar dat die munisipaliteit die gemors gaan skoonmaak het.

Die area waar Bertus en Yvonne bly.

Me. Lottering sê in haar hart kry sy die twee jongmense, geïdentifiseer as Bertus van Rooyen en Yvonne Snyman, jammer.

“Dit is so jammer dat hulle die verkeerde keuses gemaak het. Dit is so ’n mooi man en vrou. Ek bid dat die Here sal werk in hul lewens.”

Sy het gemeld dat sy hulle sal hou in haar gebede.

“Ek sal bid dat die Here hulle ogies sal oopmaak. Dink hoe awesome sal dit wees as hulle kan verander.”

• Die inwoners het die munisipaliteit en hul kontrakteurs bedank wat alles gaan skoonmaak het.

Die Middelburg Observer het verskeie kere gaan soek na Van Rooyen en Snyman, om hulle die geleentheid te gee om kommentaar te lewer maar hulle kon tot hede nie opgespoor word nie.

Die toneel waar geregsdienaars die gehuggie in Mineralia afbrand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button