News

Legendariese baanbreker vanoggend oorlede

Ria sal onthou word vir die liefdadigheidsveldtogte wat sy geloots het, asook haar rol in die streekdienste administrasie.

Legendariese baanbreker, Ria Joubert, wat die eerste vrou in Suid-Afrika was wat in 1987 as hoofuitvoerende beampte van die Hoëveldse Streekdiensteraad aangestel is, is vanoggend vreedsaam op die ouderdom van 88 oorlede.

Me. Joubert het in 1994 afgetree, maar het so merkbare verskil gemaak, dat sy van 1997 tot 1999 herroep is in die pos.

Na haar finale tyd by die streeksdienste administrasie, het sy verskeie liefdadigheidsveldtogte gelei, en onder meer lees en skryfklasse aangebied by die NG Suid Gemeente, waar sy ook naaldwerklesse gegee het.

Sy is op 28 Mei 1935 op die plaas Tweefontein in die Elandslaagte omgewing gebore en was die jongste van vier kinders.

Daar sal in volgende week se uitrgawe van die Middelburg Observer hulde gebring word aan die merkwaardige vrou wat die patriargie in Middelburg op sy kop gekeer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button