Vrou sê sy “staan net op” vir Gary
Natasha Roos, die vrou wat getroud is met Gary Roos, wat beskuldig word van onder andere kardiefstal, se paadjies is glo besig om te skei.
Natasha (op Facebook Mckelvey) sê sy is “al vyf maande nie meer saam met hom nie.”
Sy het in ’n persoonlike boodskap op Facebook aan ’n joernalis gesê:
“Ek is al vyf maande nie meer saam met Gary nie. Ek het iemand anders. Ek staan op vir hom ja, want dis die pa van my kids.”
Daar is vir haar gevra of hulle al geskei is, waarop sy geantwoord het sy is besig om van hom te skei.
• Roos het die kanon, wat onder andere tydens ’n inbraak by Hoërskool Kanonkop gesteel is, by ’n skrootmetaal besigheid probeer verkoop.
• Hy is ook op CCTV-videomateriaal herken tydens ’n inbraak by Laerskool Dennesig.
• Roos het Maandag in die hof verskyn op ’n klagte van kardiefstal nadat die adjunkhoof van HTS Middelburg, mnr. Johan Kruger, se voertuig gesteel is..
R1 000 borg is toegestaan, maar teen gister was hy nog in aanhouding omdat die borg nog nie betaal is nie.