
Familie van Gary Roos het al in Desember 2023 sake van diefstal teen hom geopen.
Die familielid (wat verkies om anoniem te bly) vertel dat daar in Desember by hulle ingebreek is.
Uit die onderhoud blyk dit dat daar meer as een keer by hulle ingebreek is.
“Die CCTV kameras het gewys hoe hy oor die muur spring!”
Hulle het ‘n lang lys artikels voorsien wat na bewering gesteel is, soos ‘n X-box, ‘n juweelkissie, juwele soos hangertjies en slimfone, ‘n gasbottel en talle ander huisware.
Daar is later vir hulle gesê dat die X-Box in OR Tambostraat verkoop is vir R1 500.
“Die juwele wat gesteel is, het hy glo vir sy suster gegee vir Kersfees!“
Die familielid het genoem dat Roos ook gearresteer is vir diefstal van ‘n battery, maar dat die saak later teruggetrek is.
“Dis eintlik so hartseer, want hy is ‘n gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige en dit het goed gegaan met hom en sy vrou op ‘n tyd. Vir een of ander rede het hy alles weg gegooi.”