News

Man ernstig beseer in vroegoggend ongeluk

’n Man het ’n ernstige besering aan sy keel opgedoen tydens ’n ongeluk vanoggend op die hoek van Mandelarylaan en Hektaarstraat in die industriële gebied.

Die presiese omstandighede van die ongeluk is nie bekend nie.

’n Minibus en ’n Chery voertuig was betrokke. Die minibus het sowat 50m verder in die veld in Mandelarylaan tot stilstand gekom.

Die minibus wat in die ongeluk betrokke was.

Daar word verneem dat ’n vrou van ’n nabye besigheid dadelik na die toneel gehardloop en begin het met noodbehandeling op die ernstig beseerde man in die Chery.

Persone wat op die toneel was, sê hy het ’n wond aan sy keel gehad.

Die minibus het die veld in geploeg en ’n verkeersteken het in die slag gebly.

• Die beseerde man, sy naam is aan die Observer bekend maar word weerhou totdat sy familielede van die ongeluk in kennis gestel is, is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal afgevoer.

Na die impak het die minibus oor die sypaadjie geploeg en sowat 50m verder tot stilstand gekom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button