News
Weet jy waar is Dale Hunter?
Die familie van Dale Hunter (45) vra dat as iemand hom in Middelburg opmerk, om hulle dadelik te bel.
Pastoor Jannie Jacobs (van die Oorwinnaars Halfweghuis) het pas laat weet dat Dale se familie na hom opsoek is.
Dale was by die Oorwinnaars Halfweghuis vir bietjie meer as drie maande waar hy baklei het teen sy kristal metamfetamien (Crystal Meth op straat genoem) verslawing.
Past. Jacobs sê hy het egter weggeloop en is Sondagaand deur iemand opgemerk op Middelburg.
“Sy pa, Jock Hunter, wil hom graag steeds help en na ’n ander rehabilitasiesentrum toe neem. Hy vra groot asseblief dat enigiemand wat weet waar Dale is, om hom te kontak.”
As enigiemand hom opmerk, bel mnr. Hunter by 082 337 2994 of Terry Hunter by 079 409 9988.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
