Gaan kry jou tweedehandse winskoop by dié mark
Vir net R50 vir jou stalletjie, kan jy ontslae raak van die Wit Olifante in jou huis by die SAVF Maatskaplike Dienste se rommelverkoping.
Die SAVF Maatskaplike Dienstekantoor bied op 2 Maart, om 10:00, ’n fondsinsamelingsprojek aan waar hulle tweedehandse artikels spotgoedkoop te koop sal aanbied.
Dit word gehou by die Izak Badenhorstsaal (Walter Sisulustraat 52).
Van die artikels wat te koop is, sluit onder andere klere, boeke, DVD’s, kombuisware en liaseerkabinette in.
Daar sal ook ’n speelgoedstalletjie wees.
Hulle nooi die gemeenskap om ook van hul eie tweedehandse huisware met stalletjies te verkoop.
Daar sal ’n fooi van R50 per stalletjie gevra word (die res van die winste is vir die uitstallers se eie sakke).
• Om hul fondse aan te vul, sal die personeel van die SAVF Maatskaplike Dienste worsrolle en koeldrank verkoop.
Vir stalletjie besprekings of as enige persoon donasies wil bydra vir hul projekte, bel Elsie by 013 282 4413 of 083 349 6421 of stuur ’n e-pos na middelburg.mwk1@savf.co.za.
