News

Inbrekers steel kerk se orrel

Die St John’s Presbiteriaanse Kerk het in die visier van kriminele beland.

Uitdagende inbrekers, waarskynlik ’n man en ’n vrou, het die St John’s Presbiteriaanse Kerk se staan-orreltjie verlede week gesteel.

Eerwaarde Kokkie Smit sê na aanleiding van bewyse (soos vingerafdrukke wat gekry is) blyk dit dat dit ’n man en vrou is wat by die kerk ingebreek het.

Die inbrekers het langs die kerk se bekende ‘Precious Life’ Babakluis die palissade oopgebuig om toegang tot die kerkperseel te kry.
Daarna is een van die loodglasvensters aan die kant van die kerk gebreek om by vensterknippe uit te kom, sodat hulle in die kerkgebou kon ingaan.

In die kerk het hulle die kerk se staan-orreltjie gevat, asook net een gedeelte van klanktoerusting.

“Hulle het nie die kragkabel en pedaal van die orrel gevat nie, so die orreltjie sal heeltemal onbruikbaar wees, sou hulle dit probeer verkwansel.”

• Dit is die soveelste inbraak in die dorp met skole en kerke wat veral nie ontsien word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button