News

Babalykie langs rivier gekry

’n Stapper is hewig ontsteld nadat hy die oorskot van ’n baba langs die rivier gekry het.

’n Babalykie, wat lyk asof dit ’n pasgebore baba kon wees, is deur ’n stapper langs die Klein Olifantsrivier gekry.

’n Omgekrapte mnr. Bennie Heyns, wat gereeld daarlangs stap, sê hy het vanoggend weer die roete langs die rivier gekies.

Hy het omstreeks 10:30 op die grondpaadjie, onderkant die krieketvelde geloop, toe hy skielik ’n geweldige stank ruik.

Etlike treë verder het hy die baba, gesig na onder, reg langs die paadjie, in die lang gras gekry. Die baba se oorskot se beentjie was af, wat die moontlikheid skep dat ’n dier dit afgevreet het.

Mnr. Heyns het die brandweer gebel, wat op hul beurt die ambulansdienste en polisie gekontak het.

“Hoe kan iemand so iets doen? As jou baba dan doodgebore is, gaan meld dit net aan. Hoe kan jy die lykie net so langs die rivier in die gras neergooi?” het hy ontsteld gevra.

Hy het gemeld dat hy eergister ook daar gestap het en dat die lykie beslis nie toe daar was nie.

“Die lykie moes daarna daar neergesit gewees het.”

• Die polisie en hul forensiese afdeling, asook ambulanspersoneel en mnr. Heyns is steeds op die toneel.

Mnr. Bennie Heyns wys waar hy die babalykie langs die grondpad in die lang grys gekry het.
Die toneel is afgesper sodat die polisie hul ondersoek kan doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button