News

Geliefde sakeman was vlieënier van Jet

Die persoon wat die Jet gevlieg het wat net buite die Middelburg Vliegveld neergestort het, is geïdentifiseer.

Mnr. Richardt Lovett, ‘n bekende sakeman en lid van die Middelburg Vliegklub, was die vlieënier van die Aero L-39 Albatros Jet wat neergestort het.

Mnr. Richardt Lovett.

Die ongeluk het omstreeks 09:30 aan die westekant van die vliegveld plaasgevind terwyl hy besig was om op te styg.

Die Jet het deur die betonheining gebars en sowat 500m verder tot stilstand gekom.

  • Mnr. Lovett se familie het gevra dat hulle ruimte gegun word om al hul tyd saam met hom te spandeer. Hy is in die Life Midmed Hospitaal waar hy vir sy beserings behandel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button