News

GRAFIES: Slagting op Middelburg boer se plaas

’n Bakkie vol vleis en bloedbesmeerde messe wys die werklikheid van veediefstal.

Waarskuwing: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Die bloedige werklikheid van veediefstal.

Toe die son vanoggend oor Willem Cloete se plaas opkom, was al die bewyse daar; bloedbesmeerde messe, vier beeskoppe, ’n hopie derms en twee kallers wat verdwaas ronddwaal.

Dit was nie veediefstal nie, dit was soos ’n rillerfliek.

Boere het een-een opgedaag en verstom in kringetjies die slagting gade geslaan.Willem, wat sowat 10km uit op die Loskopdampad boer, het van kop na kop geloop en geprewel “ek is so hartseer oor my bulletjie”.

Die dexter bul, wat nou daar in ’n hopie vleis onder plastiek agter in ’n voertuig ingedruk was, se waarde is R35 000.
Sondag is daar twee van sy beeste gesteel en verlede jaar sewe.

Boere is op hulle knieë weens misdaad en veral veediefstal.

Drie mans is deur middel van hommeltuigtegnologie op die toneel aangekeer.

Hulle is aangekeer maar teen 7.30 is daar nog gewag vir die polisie om op te daag.

Een van die boere het later vanoggend gebel om te sê dat een van die mans wat vanoggend aangekeer is gister in die hof verskyn het op ’n veediefstalaanklag.

Die inligting kon nog nie met die polisie bevesig word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button