News

Ongeluk by Lavender Mill afdraai

'n Deelnemer aan die parkrun by Lavender Mill het genadiglik nie ernstige beserings opgedoen nie, nadat sy voertuig van agter af getref is, toe hy vanaf die N11 wou uitdraai na die grondpad.

Mnr. Lafras Bissett het vir aankomende verkeer gewag om na regs uit te draai by die Lavender Mill uitdraai, toe sy Ford Figo van agter af getref is deur ‘n Toyota Hilux bakkie.

Die bakkie is bestuur deur mnr. Potifar Hanyana.

Met die impak van die slag is albei voertuie na regs langs die pad in die veld ingeslinger.

Albei die voertuie het met die impak van die slag langs die pad in die veld te lande gekom.

Buiten dat mnr. Bissett op die toneel gekla het hy het ‘n seer skouer van die impak, het nie hy of mnr. Hanyana enige sigbare beserings opgedoen nie.

Mnr. Lafras Bissett kyk na die skade op sy Ford Figo.

 

Back to top button