News

Ongeluk by Lavender Mill afdraai

'n Deelnemer aan die parkrun by Lavender Mill het genadiglik nie ernstige beserings opgedoen nie, nadat sy voertuig van agter af getref is, toe hy vanaf die N11 wou uitdraai na die grondpad.

Mnr. Lafras Bissett het vir aankomende verkeer gewag om na regs uit te draai by die Lavender Mill uitdraai, toe sy Ford Figo van agter af getref is deur ‘n Toyota Hilux bakkie.

Die bakkie is bestuur deur mnr. Potifar Hanyana.

Met die impak van die slag is albei voertuie na regs langs die pad in die veld ingeslinger.

Albei die voertuie het met die impak van die slag langs die pad in die veld te lande gekom.

Buiten dat mnr. Bissett op die toneel gekla het hy het ‘n seer skouer van die impak, het nie hy of mnr. Hanyana enige sigbare beserings opgedoen nie.

Mnr. Lafras Bissett kyk na die skade op sy Ford Figo.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button