News

HTS Middelburg begin seisoen op hoë rooi noot!

HTS Middelburg het die seisoen op ’n hoë noot begin deur bykans al hul wedstryde teen Die Anker van Brakpan te wen!

Die skool het Saterdag ’n pragdag aangebied met die ‘rooi mannetjies’ wat saam met die graad agt leerlinge opstote gedoen het, elke keer as die eerstes punte aangeteken het.

Van die opdraf af, was die ondersteuning voelbaar, nadat bykans die hele skool eers ’n erewag gestaan het vir die eerstes om op te draf.

Aanvanklik het dit gelyk asof die Rooies en Die Anker se manne ’n gelykopstryd gaan hê toe beide gaan druk en verdoel het.

Met die telling op 14-7 in HTS Middelburg se guns, moes almal pawiljoene toe draf toe die weerlig geniepsig in die lug gespeel het.

Dit het die Rooi Bulle ’n tweede asem laat skep, want hulle keer met nuwe krag terug om Die Anker nie eers een kans te gee vir punte nie en wen die wedstryd met 30-7.

• Daar is selfs halftyd vir die ondersteuners vermaak aangebied met hul Pom-Pom dogters wat ’n spesiale dans op die rugbyveld aangebied het.

Toy Engelbrecht gaan druk tussen die pale.
Reece Botha (met bal), met ondersteuning van Hanro Terblanché en Dirk du Plooy.
Luhan Graaf.
Sam Ndwandwe.
Jong Rooi ondersteuning langs die veld. Justin Olds, Webster Austin en Meyring Viljoen.
Luhan Graaf (met bal) en Johandre Engelbrecht (regs agter).
Johnny Dos Santos laat hom nie vang nie.
Die dogters doen ’n dansie halftyd.
Toy Engelbrecht bring ’n speler van Die Anker grond toe.
@middelburgobserver

Rugby is terug! HTS Middelburg pak Die Anker tuis #middelburg #htsmiddelburg #rugby #schoolrugby #skoolrugby

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button