News

Olifante op ons voorstoep na miljoene vir natuurreservaat

’n Finansiële inspuiting van R120 miljoen sal die enorme toerisme potensiaal van die Loskop vallei ontsluit.

•Olifante op ons voorstoep.

•Miljoene vir toerisme.

•Die ontsluiting van die enorme toerisme potensiaal wat die Loskop Vallei bied.

Dit is wat die volgende paar jaar op die Middelburg/Groblersdal toerismeroete wag.

Daar is groot veranderinge in sig vir veral die Loskop Natuurreservaat na ’n finansiële inspuiting van R120 miljoen deur die Aspinall Stigting.

Die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap het ’n ooreenkoms met die Aspinall Stigting en hulle plaaslike filiaal, WeWild Africa, aangekondig as die eerste van sy soort, waarin die provinsiale bewaringsagentskap in samewerking met internasionale nie-winsgewende stigtings sal optree.

Die skenking van R120 miljoen sal bydra tot die ontwikkeling van bestaande infrastruktuur, die bevordering van natuurbewaring en die stimulasie van die plaaslike ekonomie.

Volgens beriggewing deur die IOL, is die ooreenkoms vir 25-jaar, en beoog die MTPA om sy grondgebied van 23 500 hektaar te vergroot met omliggende areas as een van Suid-Afrika se grootste Groot Vyf wildreservate.

Verskeie wildspesies sal ook ingebring word, wat olifante, swart renosters, leeus en jagluiperds insluit.

Hekzin Vilikazi, hoof uitvoerende beampte van MTPA, het in ’n persverklaring gesê hulle beoog om die reservaat te vergroot na minstens 100 000 hektaar, deur gemeenskaps- en privaat grond in te sluit as deel van die wildreservaat.

Die ooreenkoms dien as ’n projek vir toekomstige vennootskappe tussen parkeraad en private stigtings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button