News

Sonja het almal aangeraak met haar sonskyn-geaardheid

Sonja Engelbrecht (53), die vrou wat met haar alomteenwoordige glimlag beskryf is as ’n sonskynmens, is verlede Donderdag in die Steve Biko Hospitaal oorlede.

Me. Engelbrecht was die laaste maand in dié hospitaal waar sy kort na haar opname met kanker gediagnoseer is.

Haar man, Cois, en pa, Lappies, het vertel hoe sy die afgelope meer as ’n jaar las gehad het van erge rugpyn.
Nadat sy ’n dokter gaan sien het in Middelburg, het hy haar dadelik na die Steve Biko Hospitaal verwys.

Me. Engelbrecht het tot met haar afsterwe by Wenru Makelaars gewerk.

Sy is as ’n liewe mens beskryf wat ander altyd gelukkig wou maak.

• ’n Gedenkdiens word Donderdag om 10:00 by die Hervormde Kerk, Noord gemeente gehou. Eerw. Kokkie Smit sal die diens lei.

• ’n Huldeblyk oor me. Engelbrecht sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button