News

KYK: “Jou kar sal ingesluk word” – Reuse sinkgat in Mineralia

'n Sinkgat en kar is nie maters nie...

‘n Reuse sinkgat het ingeval op die hoek van Morkel en Vosstraat in Mineralia.

Marnus Uys van die Sektor 3 Radio Veiligheidsgroep waarsku dat die sinkgat al reeds om-en-by ‘n meter wyd, en halfmeter diep strek.

Hy het reeds versoek dat verkeerskegels om die gat geplaas word sodat motoriste kan agslaan op die gevaar.

“Jou kar sal ingesluk word,” het hy bygevoeg.

Die gevaar is ook reeds aan een van die area se DA wykskomiteelede gerapporteer, sodat die munisipaliteit kan reageer.

Dreine reg rondom die sentrale sakekern is erg verstop, wat vloede in verskeie areas veroorsaak.

Inwoners mor al lank oor die skade aan hul huise sodra die hemele oopmaak, weens die verstopte dreine.

Uys skryf die skade ook aan gebrekkige dreinering toe.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button