Mnr. Marius Leon Brits is veilig tuis, is pas bevestig.
Die omstandighede rondom sy urelange verdwyning is egter tans onbekend.
Sy familie bedank almal wat tot nou toe gehelp het met die soektog na hom.
‘n Snuffelhond, infrarooi- en nagvisie tegnologie is onder meer ingespan om tot nou toe na hom te soek.
Hy het omstreeks 08:00 vanoggend verdwyn nadat hy gaan fietsry het.
Mnr. Arthur Hill van die Dagpatrollie wat die soektog van stapel gestuur het, het ook sy dank aan vrywilligers wat help soek het uitgespreek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
