News

Soekgeselskap fynkam Kanonkop en Dennesig vir vermiste bejaarde

Bejaarde steeds vermis na vroegoggend fietsrit

‘n Groot groep vrywilligers is tans op soek na mnr. Marius Leon Brits (64) wat om 08:00 met ‘n duur titanium bergfiets by sy Dan Pienaarstraat woning in Dennesig gery het, en sedertdien vermis word.

Mnr. Brits is volgens inligting afhanklik van insulien, en het wel voor hy tuis op sy fiets weg is sy inspuiting geneem.

Die vrywilligers fokus veral op Kanonkop en Dennesig.

Mnr. Marius Leon Brits.

Inligting is egter intussen ook ontvang dat hy al vantevore naby die Middelburg Mall op sy fiets opgemerk is.

Parke en oop velde rondom die woongebiede word ook gefynkam.

Hy is reeds as vermis by die polisie aangemeld maar ‘n speurder sal eers more toegeken word om die verdwyning te ondersoek, indien hy nie veilig terugkeer huis toe nie.

Dit is moontlik dat hy dalk deurmekaar kan wees weens lae bloedsuiker, wat sy motoriese funksies en geheue kan aantas.

Mnr. Brits is getroud en sy vrou is angsbevange oor wat moontlik kon skeefloop.

Die donker kruip ook nader wat die soektog kan bemoeilik.

Indien iemand weet waar mnr. Brits is, word hulle versoek om dadelik vir Arthur Hill van die plaaslike Dagpatrollie by 083 870 9693 te skakel.

Mnr. Hill het sy opregte dank aan vrywilligers uitgespreek.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button