News

Soektog na bejaarde kring uit na Dennesig Noord met hulp van snuffelhond

Bejaarde steeds spoorloos

Infrarooi- en nagvisie tegnologie word tans ingespan in die soektog na mnr. Marius Leon Brits (64) wat steeds vermis word.

‘n Snuffelhond word ook gebruik om na hom te soek.

Die hond het sy reuk gevolg tot by die bos waar Harry Gwala en Sipreslaan saamsmelt.

Daar was egter tot dusver nog geen teken van mnr. Brits nie.

Hy het vanoggend omstreeks 08:00 gaan fiets ry, en toe verdwyn.

Mnr. Brits is ‘n diabeet en sukkel ook met hipertensie.

Hy is ook hardhorend en het met oorfone op sy kop by die huis weg gery.

‘n Siener het intussen vertel dat sy die gevoel gekry het dat mnr. Brits naby “asgate” is, en die gebied as “gevaarlik” beskryf.

Die polisie se berede eenheid het ook intussen aangekondig dat hulle more by die soektog sal aansluit.

Daar is vals gerugte wat loop dat mnr. Brits opgespoor en veilig tuis is, maar sy familie het bevestig dis onwaar.

 

Back to top button