News
Mans met “wapen” het inwoners in rep en roer
Twee mans wat vanoggend in Kanonkop se strate met ’n wapen opgemerk is het die woonbuurt in rep en roer gehad.

Boodskappe wat op WhatsApp-veiligheidsgroepe versprei is het gewaarsku oor twee mans met honde wat in Oribistraat gestap het, “toe die een man ’n wapen uithaal en herlaai”.
Die Polisie en lede van CSC Tactical het blitsig gereageer, maar toe hulle die mans vastrek is vasgestel dat die wapen ’n speelgoedgeweer was.
Volgens Arthur Hill van Dagpatrollie, het die voorval vroeg vanoggend plaasgevind, al doen boodskappe tans nog die rondte oor die mans in die straat.
“Daar is bepaal dat dit twee sakgrawers was wat ’n stukkende speelgoedgeweer in ’n asdrom gevind het,” het mnr. Hill gesê.
Die twee mans is weer laat gaan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.