News

Oorlamse dief gryp fiets voor eienaar

Wat is deesdae die nommer een item op kriminele se inkopielys? Fietse!

Met die pryse van fietse is dit geen wonder nie.

Teen sowat R320 000 kan jy ’n Pinarello Dogma F Dura Ace fiets aanskaf.

Die afgelope jaar of wat het misdaad sindikate op groot skaal toegeslaan op fietse regoor die land. Selfs die Comrades held, Nick Bester, is van sy fiets beroof.
Op Middelburg is daar die laaste tyd by motorhuise ingebreek en veral fietse gesteel.

•Die Aerorand woonbuurt is bekend as fietsryers se speelpark danksy die gewilde Tarriesbaan, waar ’n vrou verlede jaar November deur drie jong misdadigers oorval, met ’n mes in die bors gesteek en van haar fiets beroof is.

Die vermetelheid van fietsdiewe het so erg geraak dat ’n dief verlede week helder oordag, ’n fiets reg onder die neus van die eienaar gegryp het.

Mnr. Johan Meiring het verlede week en Donderdag om 09:00 na ’n fietsrit saam met ’n vriend koffie gaan drink by Seattle Coffee langs Food Lover’s Market, toe ’n oorlamse dief reguit na die fietsrak toe gestap en mnr. Meiring se fiets gegryp het.

Mnr. Meiring was egter gelukkig toe op-en-wakker sekuriteitslede die dief agterna gesit het.

“Ek het gelukkig my fiets terug gekry,” het mnr. Meiring aan die Middelburg Observer vertel.

Hy kan egter nie onthou wie die sekuriteitsfirma is wat so flink opgetree het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button