News

Wind het stasie se tentpale ‘soos vuurhoutjies geknak’

Die erge storm met die gepaardgaande wind laasnag het die tent by die Middelburg Stasie geskeur en die tentpale gebuig.

Johan Janse van Rensburg sê die geweldige wind het die tent, waar die Stoom Pub & Grill is, geskeur en die pale “soos vuurhoutjies gebuig”.

Hulle is reeds besig om alles op te ruim en die tent te herstel.

Johan het gemeld dat hulle teen laatmiddag, omstreeks 15:00 weer oop sal wees en dat die beplande “Stoom Idols”, wat Sondag begin, ook voortgaan.

Die storm het groot skade aangerig.
Die tentpale is soos vuurhoutjies geknak.
Die wind het selfs die staalkabels gebuig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button