News

Landbou legende sterf vreedsaam tuis

Die dorp neem die week weer met swaar hart afskeid van nog ’n legende, mnr. Andries “AA” Marx wat Vrydag oorlede is.

Mnr. Marx was sinoniem met landbou en het die hoogs suksesvolle JP Marx en Seun boerdery op die Stoffbergpad bedryf, waar hy met beeste, soja en mielies geboer het.

Hy het ook laterjare sy hand aan wildsboerdery geslaan.

Mnr. Marx is Vrydag vroegoggend in sy bed by sy huis in Roberts Landgoed oorlede.

Hy het lank met sy hart gesukkel en het verlede jaar ses operasies ondergaan wat volgens familielede ’n tol op sy gesondheid geëis het. Mnr. Marx het onder meer ook ’n pasaangeër gehad, hoewel die operasies verlede jaar nie almal hartverwant was nie.

Hy was 79 ten tye van sy afsterwe en sou November vanjaar sy 80ste vier.

Daar word meer oor die merkwaardige man gedeel in die week se uitgawe van die Middelburg Observer.

’n Roudiens vir mnr. Marx sal eerskomende Woensdag (13 Maart) by die Afrikaanse Protestantse Kerk in Kanonkop plaasvind.

Die diens begin om 11:00.

Verversings sal na die diens bedien word.

Vir enige navrae kan Chanel Marx by 071 104 7094 geskakel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button